AFRIGTING

Tel: 012-6668781

Sel: 083 6333 797

FAKS: 083 8 6333797

E-POS: mwmstbw@mweb.co.za

Reëls van afrigting

Jongste Nuus

MST Zwartkop Tennisakademie

Tuisblad

Junior Klub

Ballewales

 

Om aan almal se behoeftes te voldoen, is daar verskillende tipes afrigting waaruit u kan kies. Die koste verbonde aan die afrigting is soos volg:

  MINI MANIACS (KLEINBAAN GR 1-3) - R180 per kwartaal

TENNISGROEP (GROOTBAAN) - R180 per kwartaal

OEFENGROEP (LIGA SPELERS) - R220 per kwartaal

INDIVIDUEEL (30 min) - R630 per kwartaal

REGISTRASIEFOOI (Betaalbaar by evaluasie) - R50 eenmalig

 

MINI MANIACS

Die tegnieke wat aangeleer word is dieselfde as normale tennis, die enigste verskil is dat die baan en rakette kleiner is en die net laer. Die rede hiervoor is om die leerlinge so gou as moontlik sukses te laat behaal. Afrigting vind eenmaal per week plaas en die lesse duur 30 minute.

TENNISGROEP

In die groepe word leerling geleer om tennis op 'n  normale baan te speel. Aandag word geskenk aan tegniek, voetwerk en oefenpatrone om hulle te leer om wedstryde te speel. Die primêre doel van die afrigting is om kinders te kry om te wil tennis speel. Afrigting vind eenmaal per week plaas en die lesse duur 45 minute.

SUPERGROEP

Die groep word beperk tot 6 leerlinge per groep. In die groep word meer individuele aandag aan leerlinge geskenk. Aandag word geskenk aan tegniek, voetwerk en oefenpatrone om hulle te leer om wedstryde te speel. Die groep is veral gemik op jonger kinders wat graag vinniger wil vorder met hul tennis om bv in skoolspanne of oefengroepe opgeneem te word. Daar word van leerlinge verwag om gereeld te oefen en wedstryde te speel. Afrigting vind eenmaal per week plaas en die lesse duur 45 minute.

OEFENGROEP (SQUAD)

Die groepe is daar vir leerlinge wat hulle tennis baie ernstig opneem en gereeld toernooie speel en hulle skool in ligas verteenwoordig. Deelname aan die groep word kwartaalliks hersien en jy moet uitgenooi word om by die groep te kan inskakel. Afrigting vind op meer as een baan plaas en daar word van balvoerders gebruik gemaak. Hier word baie gefokus op oefenpatrone, fiksheid, strek- en voetwerkoefeninge, "mental toughness" en korrektiewe afrigting vind ook plaas. Afrigting vind eenmaal per week plaas en lesse duur 90 minute. In sekere gevalle kombineer leerlinge oefengroepe met individuele of semigroep afrigting.

SEMIGROEP

Dit is gewoonlik vir ouer leerlinge en leerlinge wat wil werk aan tegniek of spesifieke houe. In sekere gevalle maak leerlinge wat by oefengroepe is ook van die lesse gebruik.  Die groep bestaan uit twee leerlinge en daar word baie individuele aandag aan leerlinge gegee. Afrigting vind slegs in die aande plaas en lesse duur 30 minute.

INDIVIDUEEL

Dit is gewoonlik vir leerlinge wat wil werk aan spesifieke houe asook vir toernooispelers wat by oefengroepe is. Afrigting vind op 'n een tot een basis plaas. Slegs indien genoegsame belangstelling en vordering getoon word kan met afrigting volgehou word. Afrigting vind slegs in die aande plaas en lesse duur 30 minute.

TOERNOOISPELERS / LIGASPELERS

Vir die leerlinge bied ons 'n verskeidenheid van opsies. Aangesien ons weet dat kinders uniek is, is dit belangrik dat ons vir die spelers 'n program uitwerk wat aan hulle behoeftes voldoen. Indien jy wil presteer in tennis moet jy ook aan fiksheid en "mental toughness" werk. Ons werk nou saam met Neels Liebel (Biochinetikus) en Maretha Claassen (Sportsielkundige). Let daarop dat as jy toernooie wil speel en presteer  moet jy aan al die afdelings aandag gee en ook baie op jou eie oefen.

MST / ZWARTKOP TENNISAKADEMIE

In samewerking met Hoërskool Zwartkop bied ons tennis as vak vir graad 8 & 9 leerlinge aan. Leerlinge kan dus tennis as een van hulle keusevakke kies. Daar vind streng keuring plaas so dit is gewoonlik slegs vir provinsiale spelers. Tye: Maan, Woen, Vry - 07h00 tot 08h30.

VIDEO ANALISE

Al jou houe word opgeneem met 'n videokamera en jy kry dan 'n verslag wat jy kan gebruik om jou tennis te verbeter. Nadat ons die verslag met jou bespreek het neem ons jou weer op en maak nodige veranderinge sodat jy na die regte houe kan kyk. Die analises word gewoonlik in vakansies opgeneem.

REGISTRASIEFOOIE EN WAGLYSLESSE - R50

Aangesien ons die leerlinge volgens standaarde plaas kan ons nie altyd almal dadelik help nie en vir die rede het ons waglyslesse wat op Saterdae plaasvind. By die afrigting word leerlinge nie altyd volgens standaard geplaas nie en net die basiese tegnieke word aangeleer.

Die registrasiefooi is by evaluasie betaalbaar. Dit is slegs eenmalig en hoef nie weer betaal te word nie tensy afrigting gestaak word en dan weer later hervat word.

VOLWASSE LESSE

Daar word 'n pakket van vier lesse gekoop en die eienaar het drie maande om die lesse te gebruik. Die lesse moet egter vooraf bespreek word. Lesse duur gewoonlik 30 tot 45 minute.

[Tuisblad]  [Ballewales]  [Junior Klub]  [MST Zwartkop Tennisakademie] [Reels van Afrigting] [Jongste Nuus]