|
Reëls van Afrigting
|
Tel: 012-6668781 |
Sel: 083 6333 797 |
FAKS: 083 8 6333797 |
E-POS: mwmstbw@mweb.co.za |
REëLS VAN
AFRIGTING
Lesse
moet asseblief gereeld bygewoon word.
Die
tariewe wat gehef word, is vir 'n kwartaal se afrigting en is vooruit betaalbaar
in 1 of 2 paaiemente. Indien u maandeliks wil betaal moet u asseblief dit so met
my reël (12 paaiemente).
Gelde kan in koevert na die baan gestuur word met die leerling se naam, en
bedrag in die koevert daarop. Indien u wil seker maak dat die gelde ons bereik
het moet u asb vir my e-pos of SMS stuur met die bedrag en datum van betaling
vir bevestiging van ontvangs.
Alternatiewe metodes van betaling: pos aan - Postnet Suite #63, Privaatsak X108,
Centurion, 0046 of die bedrag kan direk in ons rekening inbetaal word. Stuur
e-pos vir besonderhede of kry dit op die tuisblad.
Tjeks
kan uitgemaak word aan M SPORT TENNIS of MST.
Inligtingstukke word kwartaalliks aan u gegee. Let asb daarop dat dit nie altyd
op datum is indien u reeds die kwartaal betaal het nie. Indien u wil seker maak
of gelde betaal reeds ontvang is, moet u asb vir ons 'n e-pos stuur.
Geen krediet kan toegestaan word indien 'n kind nie die les kan bywoon nie.
In geval van reën word geen krediet toegestaan nie, maar waar moontlik word
alternatiewe reelings getref.
Sekere Saterdae word opmaaklesse aangebied. Indien lesse gemis word, kan die
opmaaklesse bygewoon word. Dit moet egter vooraf met ons gereël word.
Indien afrigting gestaak wil word, moet u asb 'n kwartaal skriftelike kennis
gee.
'n Heffing van R50 per maand word gehef op uitstaande gelde en afrigting word
gestaak totdat rekening vereffen is.
Leerlinge moet asb betyds vir lesse opdaag en weer afgehaal word, aangesien ons
nie altyd saam met die kinders kan wag nie.
Lestye kan nie aangepas word indien skole soms vroeër uitkom nie.
Lestye
moet so gekies word dat dit nie nodig is om elke kwartaal te skuif nie. Indien
leerlinge egter moet skuif, sal ons ons bes doen om dit so gou moontlik te doen.
Dit neem soms 'n tydjie om dit te finaliseer.
Afrigting word dwarsdeur die jaar aangebied. Indien afrigting vir 'n kwartaal
gestaak wil word, is dit egter nie moontlik om hulle plek oop te hou nie. Indien
u wil verseker dat hulle hul plek behou sal die gelde vir die kwartaal betaal
moet word. Indien leerlinge staak en later weer wil begin, moet daar weer
registrasiegelde betaal word.
M-Sport
Tennis of geen van sy lede of werkers kan aanspreeklik gehou word vir enige
skade wat direk of indirek opgedoen word nie.
[Tuisblad] [Ballewales] [Junior Klub] [MST Zwartkop Tennisakademie] [Afrigting] [Jongste Nuus]