|
Jongste Nuus |
Tel: 012-666 8781 |
Sel: 083 6333 797 |
FAKS: 083 8 6333797 |
E-POS: mwmstbw@mweb.co.za |
Nuusbrief 1/2004
Baie welkom terug by die tennis die jaar. Ons hoop u gaan 'n lekker jaar saam met ons deurbring.
Soos u reeds agtergekom het is ons druk besig om tye te probeer finaliseer. Dit gaan egter moeilik aangesien die tennisliga's van die laerskole geskuif het van Donderdag na Maandae. Dit maak dit vir ons moeilik aangesien kinders wat vir hulle skool se liga speel, nou net op 'n Woensdag by die skool gehelp kan word met afrigting. Ons hoop egter dat die tye teen die einde van Januarie uitgesorteer sal wees.
* REGISTRASIEFOOI
* Slegs vir nuwe leerlinge
* Registrasiefooi beloop R100-00.
* Betaalbaar eenmalig wanneer leerling getoets word.
* Indien gelde agterstallig is of afrigting tydelik gestaak word, is die
fooi weer betaalbaar.
* VORME VAN BETALING
Kontant: Plaas in koevert met bedrag daarop. Wag asb vir kwitansie. Geen kontant word aanvaar indien dit nie in koevert is nie.
Tjek: Uitgemaak aan MST of M. Potgieter. Naam en van moet asb. op tjek aangedui word.
Internet: Stuur asb vir ons bewys van betaling dmv e-pos of SMS. U kan indien u verkies vir ons 'n uitdruk maak en dit na die baan stuur.
Bankbesonderhede: Bank: ABSA (Brooklyn)
Takkode: 632005
Rek no: 01025900657
Tipe: Tjekrekening
Verw: Kind se naam & van.
* KOSTE VAN AFRIGTING
- Gelde is vir 'n jaar uitgewerk. U kan kwartaalliks of maandeliks betaal.
Kwartaalliks: (KW)
- Daar is 4 kwartale per jaar.
- Die kwartaalfooi is die maandfooi maal 2.5
- Gelde moet betaal wees binne die eerste 4 weke van die kwartaal.
Maandeliks (MND):
- Ons werk op 10 maande per jaar
- Gelde is betaalbaar op die 1ste van elke maand
- 1 Februarie tot 1 Novewmber (10 maande)
TIPE | PER MAAND | PER KWARTAAL |
GRP 30 | R 85-00 | R 210-00 |
GRP 45 | R 130-00 | R 325-00 |
GRP 60 | R 130-00 | R 325-00 |
IND 30 | R 325-00 | R 810-00 |
0,5 IND 30 | R 185-00 | R 460-00 |
VRYSQUAD | R 65-00 | R 160-00 |
ZWARTKOP | R 220-00 | R 550-00 |
Juniorklub:
- Saterdae by Laerskool Hennopspark vanaf 09:00 tot 10:30.
Elite Squad: (Wedstrydsquad)
- Slegs op uitnodiging
- Vrydae by Hennops en Flamingo
- Koste: R65-00 per maand
- Moet vir jou skool tennis speel.
Rondomtalies:
- Vind gedurende vakansies plaas.
- Berei kinders voor indien hulle later sterker toernooie wil speel.
- Almal is welkom om te speel. Van mini's tot gevorderde spelers.
Leskaarte:
- Indien jy net vir 'n paar individuele lesse wil kom.
- Jy kan tye bespreek soos jy wil en is nie verplig om elke week 'n les te bespreek nie.
* TOERNOOISPELERS
- Indien jy toernooie wil speel moet jy ons inlig sodat ons 'n program vir jou kan uitwerk wat aan jou behoeftes sal voldoen.
- Ons bied ook klinieke en uitkloptoernooie aan ter voorbereiding van SATA toernooie.
* OPMAAKLESSE
Indien leerlinge lesse gemis het agv siekte, reën of ander redes, kan hulle op 'n Saterdag 'n les opmaak. Dit is belangrik dat hulle moet bespreek vir die lesse. As hulle opdaag sonder om te bespreek kan hulle net inval indien daar wel 'n opening is.
TYD: 08:00 - 08:30 > Volbaan
08:30 - 09:00 > Mini-tennis.
Groete
Liesel & Marinus
LINKS
[Tuisblad] [Afrigting] [Reëls van Afrigting] [Junior Klub] [Ballewales] [MST Zwartkop Tennisakademie]
deur Ilse Muller (2004/01/28)